Joshua 3:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Josua het die môre vroeg opgestaan; en hulle het van Sittim af opgebreek en by die Jordaan gekom, hy en al die kinders van Israel, en daar vernag voordat hulle deurgetrek het.
Afrikaans (NLV) 2011
Josua en al die Israeliete het vroeg die oggend van Sittim af vertrek. Hulle het by die Jordaan aangekom en daar oorgebly voor hulle deur die rivier sou trek.
Afrikaans 1933/1953
Daarop het Josua die môre vroeg klaargemaak, en hy met al die kinders van Israel het van Sittim af weggetrek en by die Jordaan aangekom en daar die nag oorgebly voordat hulle deurgetrek het.
Afrikaans 1983
Josua het die môre vroeg van Sittim af vertrek en by die Jordaan aangekom, hy en al die Israeliete. Hulle het daar oorgebly voor hulle deur die rivier sou trek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Josua het vroeg die môre opgestaan. Hulle het van Sittim af weggetrek en by die Jordaan aangekom, hy en al die Israeliete. Hulle het daar oornag voordat hulle oorgetrek het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Josua het vroeg die oggend weggegaan van Sittim, hy en al die Israeliete, en hulle het by die Jordaan-rivier gekom. Hulle het die nag daar gebly voordat hulle oorgegaan het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Vroeg die volgende môre het Josua en die Israeliete hulle goed opgepak en van Sittim af getrek tot by die Jordaan. Daar het hulle kamp opgeslaan terwyl hulle gewag het om die rivier oor te steek.