Joshua 3:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Tog sal daar 'n spasie tussen julle en hom wees, omtrent twee duisend el per maat; kom nie naby dit nie, sodat julle kan weet die pad waarlangs julle moet gaan;
Afrikaans (NLV) 2011
Hou egter ’n afstand van omtrent 900 meter tussen julle en die ark. Moenie nader as dit kom nie. Volg dit, dan sal julle weet watter koers om te gaan. Julle het nog nooit in hierdie rigting getrek nie.”
Afrikaans 1933/1953
Maar laat daar 'n afstand van omtrent twee duisend el tussen julle en hom wees; kom nie naby hom nie; sodat julle die pad kan weet waar julle langs moet trek; want gister en eergister het julle nie met die pad getrek nie.
Afrikaans 1983
sodat julle kan weet watter pad om te gaan, want julle het nie vantevore met dié pad langs gegaan nie. Maar daar moet 'n behoorlike afstand wees tussen julle en die ark, omtrent nege honderd meter. Moenie te naby hom kom nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
maar daar moet 'n afstand van ongeveer tweeduisend el tussen julle en die ark wees. Moenie naby aan die ark kom nie, sodat julle die pad waarop julle moet gaan, kan leer ken, want julle het nie voorheen met dié pad langs getrek nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar julle moet onthou om ver van die kis te bly, omtrent 2 000 el, julle moenie nader kom nie. Julle moet agter die kis loop sodat julle kan weet waarnatoe julle moet gaan, want julle het nie voorheen hierdie pad geloop nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle sal vir julle wys waarheen om te gaan omdat julle nog nie voorheen hierlangs getrek het nie. Maar sorg dat daar ’n behoorlike afstand tussen julle en die verbondsark is, ten minste 900 meter.”