Joshua 3:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die HERE vir Josua: Vandag sal Ek begin om jou groot te maak voor die oë van die hele Israel, sodat hulle kan weet dat, soos Ek met Moses was, so Ek met jou sal wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here sê toe vir Josua: “Ek begin jou vandag belangrik maak vir die hele Israel. Hulle sal weet dat Ek net so by jou is soos Ek by Moses was.
Afrikaans 1933/1953
Daarop sê die HERE vir Josua: Vandag sal Ek begin om jou groot te maak voor die oë van die hele Israel, sodat hulle kan weet dat Ek met jou sal wees soos Ek met Moses gewees het.
Afrikaans 1983
Toe sê die Here vir Josua: “Ek begin vandag om vir jou hoë aansien in die oë van die hele Israel te gee sodat hulle kan weet dat Ek by jou is soos Ek by Moses was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here het vir Josua gesê: “Vandag begin Ek om aan jou aansien te gee in die oë van die hele Israel, sodat hulle kan weet dat, soos Ek by Moses was, Ek by jou is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het vir Josua gesê: “Ek sal vandag begin om vir al die Israeliete te wys dat jy 'n belangrike man is. Hulle moet weet dat Ek by jou sal wees, soos Ek by Moses was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe sê die Here vir Josua: “Wat Ek vandag gaan doen, sal maak dat al die mense na jou sal opsien as ’n groot leier. Hulle sal weet dat Ek by jou is soos Ek by Moses was.