Joshua 9:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ou skoene en gewonne aan hulle voete, en ou klere daarop; en al die brood van hulle voedsel was droog en muf.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het ou gelapte sandale en verslete klere aangetrek. Hulle het ou brood vir padkos saamgevat.
Afrikaans 1933/1953
ook verslyte en gelapte skoene aan hulle voete en verslyte klere aan hulle lyf; en al die brood van hulle padkos was droog en verkrummeld.
Afrikaans 1983
aan hulle voete was verslete, gelapte skoene en hulle het verslete klere aangehad; al hulle padkos was droog en verkrummel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daar was verslete en gelapte sandale aan hulle voete, en die klere aan hulle was ook verslete. Al die brood van hulle padkos was droog; dit het krummels geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het ou sandale aangetrek wat hulle reggemaak het, en hulle het ou klere gedra. Hulle padkos was droë krummels.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het hulle oudste klere en stukkende skoene aangetrek. Die brood wat hulle as padkos saamgevat het, was al kliphard en uitgedroog.