Jude 1:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar hulle praat sleg van die dinge wat hulle nie weet nie; maar wat hulle van nature weet, soos brute diere, daarmee verderf hulle hulself.
Afrikaans (NLV) 2011
Hierdie mense praat beledigend oor dinge wat hulle nie regtig verstaan nie. Hulle is eintlik soos redelose diere wat net hulle eie natuurlike instinkte ken waardeur hulle hulle eie vernietiging veroorsaak.
Afrikaans 1933/1953
Maar hierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie; en alles wat hulle, soos die redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur gaan hulle te gronde.
Afrikaans 1983
Maar hierdie mense praat lasterlik oor dinge waarvan hulle geen kennis het nie. Hulle is soos verstandlose diere: al waarvan hulle kennis het, is hulle natuurlike drange, en juis dit is hulle ondergang.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierdie mense belaster egter alles wat hulle nie ken nie, en dit wat hulle instinktief verstaan, soos redelose diere, veroorsaak hulle ondergang.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar hierdie mense wat nie die Here dien nie, sê slegte dinge van almal en alles wat hulle nie verstaan nie. Hulle verstaan party dinge, maar hulle verstaan soos wilde diere wat nie verstand het nie, en dit is daardie dinge wat hulle sal laat sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daardie mense daar by julle sê allerhande lelike dinge oor die engele. Hulle weet nie waarmee hulle besig is nie. Hulle is soos ’n trop wilde diere wat geen verstand het nie. Hulle loop agter hulle dierlike instinkte aan. Dit is juis hulle ondergang.