Jude 1:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dit is vlekke in julle feeste van liefde wanneer hulle saam met julle feesmaal, hulleself sonder vrees voed: wolke is hulle sonder water, rondgedra deur winde; bome waarvan die vrugte verdor, sonder vrugte, twee keer dood, aan die wortels uitgeruk;
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle is soos vrot kolle by julle liefdesmaaltye terwyl hulle onbeskaamd saam feesvier en hulle ooreet; hulle is leë miswolke wat deur die winde verbygewaai word. Hulle is bome sonder vrugte in die herfsseisoen, dubbel-dood en ontwortel.
Afrikaans 1933/1953
Hulle is skandvlekke in julle liefdemaaltye, wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer, waterlose wolke deur winde rondgedrywe, bome in die nasomer, wat sonder vrugte is, twee maal gestorwe, ontworteld;
Afrikaans 1983
Hulle besoedel julle liefdesmaaltye met hulle skaamtelose uitspattighede en sorg net vir hulleself. Hulle is wolke wat geen reën bring nie en deur die wind verby gewaai word. Hulle is bome wat selfs laat in die seisoen nog geen vrugte het nie, wat ontwortel en morsdood is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierdie mense is skandvlekke by julle liefdesmaaltye; hulle vier skaamteloos saam met julle fees; hulle sorg net vir hulleself. Hulle is wolke wat nie reën bring nie, en deur winde voortgedryf word, bome in die laatherfs wat sonder vrugte staan, twee maal dood, ontwortel,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle is gelowiges en wanneer julle vóór die nagmaal saam eet omdat julle lief is vir mekaar, dan is hierdie vals leermeesters ook daar, hulle is soos gevaarlike rotse onder die water, rotse wat 'n skip kan laat sink. Hulle eet en drink en vier fees saam met julle, maar hulle sorg net vir hulleself en hulle is nie skaam daaroor nie. Hierdie vals leermeesters is soos wolke wat nie reën bring nie, die wind waai hulle weg. Hulle is soos vrugtebome wat nie vrugte dra nie. Hulle is so dood soos bome wat mense uit die grond getrek het, ja, hulle is heeltemal dood.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie mense besoedel die feesgeleenthede waar julle nagmaal hou. Wat ’n skaamtelose spul! Hulle dink net aan hulleself.