Jude 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Verwoede golwe van die see wat hulle eie skande uitskuim; dwalende sterre, aan wie die duisternis van die duisternis vir ewig bewaar word.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle is woeste seegolwe wat hulle eie skandes bruisend laat opskuim; hulle is verdwaalde sterre; vir hulle is plek voorberei in die somber diepte van die ewige duisternis.
Afrikaans 1933/1953
woeste golwe van die see wat hulle eie skandes laat opskuim, dwaalsterre vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.
Afrikaans 1983
Hulle is woeste golwe van die see; hulle laat hulle skande soos skuim opspat. Hulle is sterre wat uit hulle baan geslinger is. God hou vir hulle plek gereed in die duister dieptes, waar hulle ewig sal bly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
woeste seegolwe wat hulle eie skandes laat opskuim, dwaalsterre vir wie die somber duisternis vir ewig gereed gehou word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle sonde is soos die vuil skuim op die wilde branders van die see wanneer daar 'n storm is. So kan 'n mens hulle skandes sien. Hulle is soos sterre wat verdwaal het. Daarom het die Here vir hulle 'n plek gereedgemaak in die donker plek, die baie donker plek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie mense is soos wolke wat geen reën bring nie en wat deur die wind rondgewaai word. Hulle is soos vrugtebome wat laat in die seisoen nog geen vrugte gedra het nie. Hulle is soos bome wat morsdood is. Hulle is eintlik al klaar ontwortel. Hulle is soos reusegolwe wat net ’n spul nuttelose skuim op die strand uitspoel. Hulle is soos sterre wat uit hulle baan geslinger is en koersloos in die hemel rondswerf. God hou vir hulle almal ’n plek in die pikdonker dieptes van die doderyk gereed - vir altyd!