Jude 1:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Henog, die sewende van Adam, het ook oor hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here kom met tienduisende van sy heiliges,
Afrikaans (NLV) 2011
Oor hierdie mense het Henog, wat sewe geslagte ná Adam geleef het, geprofeteer en gesê: “Kyk, die Here kom met sy tienduisende heilige engele,
Afrikaans 1933/1953
En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tien duisendtalle,
Afrikaans 1983
Dit is oor hierdie mense dat Henog, wat van die sewende geslag ná Adam was, geprofeteer het. Hy het gesê: “Kyk, die Here kom met sy duisende heilige engele
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Henog, uit die sewende geslag ná Adam, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: “Kyk, die Here kom met sy heilige tienduisende,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Henog, die sewende voorvader ná Adam, het ook die Here se boodskap gebring oor hierdie vals leermeesters. Hy het gesê: “ Julle moet dit weet: Die Here sal kom met sy tienduisende heilige engele
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Henog, daardie godvresende man uit die sewende geslag na Adam, het ons lank gelede al deur ’n profetiese woord teen hierdie sondaars gewaarsku. Hy het gesê: “Kyk mooi! Die Here is op pad met sy hemelse weermag.