Jude 1:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dit is murmureerders, klaers wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel; en hulle mond spreek groot opwindende woorde, met bewondering vir mense om voordeel te trek.
Afrikaans (NLV) 2011
Hierdie mense is klakouse en morpotte. Hulle rig hulle lewe in volgens hulle natuurlike drange, en met die mond raak hulle arrogante dinge kwyt; hulle vlei ander ter wille van eie voordeel.
Afrikaans 1933/1953
Hulle is murmureerders wat oor hul lot klae, en volgens hulle begeerlikhede wandel; en hulle mond spreek trotse woorde, terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel.
Afrikaans 1983
Hierdie mense kla gedurig en is altyd ontevrede met hulle lot. Hulle leef net volgens hulle eie begeertes, praat groot en sê vleiende dinge van mense om daaruit vir hulleself voordeel te trek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierdie mense, dit is hulle wat mor, foutvind, en hulle drange uitleef; hulle is grootmond, en vlei mense vir eie gewin.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hierdie mense is altyd ontevrede met ander mense, hulle kla altyd oor alles, en hulle doen net die slegte dinge wat hulle self graag wil doen. Wanneer hulle praat, dan spog hulle en hulle sê mooi dinge van ander mense, maar hulle is nie eerlik nie. Hulle sê dit sodat hulle iets van daardie mense kan kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die indringers daar by julle is ’n opperste spul klakouse. Hulle is met niks tevrede nie. Hulle loop heeltyd agter al hulle sondige begeertes aan. Boonop praat hulle groot. Hulle misbruik ander mense deur vleitaal, maar, wees gewaarsku, dis glad nie eg nie.