Jude 1:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar, geliefdes, dink aan die woorde wat tevore gespreek is deur die apostels van onse Here Jesus Christus;
Afrikaans (NLV) 2011
Julle, geliefdes, moet egter die woorde wat die apostels van ons Here Jesus Christus lank terug gesê het, goed onthou.
Afrikaans 1933/1953
Maar julle, geliefdes, moet die woorde onthou wat tevore gespreek is deur die apostels van onse Here Jesus Christus,
Afrikaans 1983
Maar julle, geliefdes, moet die dinge onthou wat die apostels van ons Here Jesus Christus voorheen reeds vir julle geleer het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar julle, geliefdes, onthou wat die •apostels van ons Here Jesus •Christus reeds vroeër gesê het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
My vriende, julle moet die woorde onthou wat die apostels van ons Here Jesus Christus voorheen gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My liewe vriende, julle moet onthou dat die apostels van ons Here Jesus Christus julle vroeër ook teen hierdie mense gewaarsku het.