Jude 1:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dit is hulle wat hulleself afsonder, sensueel, sonder die Gees.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit is juis daardie mense wat verdeeldheid veroorsaak; hulle leef volgens hulle natuurlike drange en het nie die Gees in hulle nie.
Afrikaans 1933/1953
Dit is hulle wat skeuring maak, sinnelike mense wat die Gees nie het nie.
Afrikaans 1983
Hierdie mense bring verdeeldheid; hulle word deur hulle natuurlike drange beheers en nie deur die Gees van God nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit is hierdie mense wat skeuring bring; hulle is gerig op die aardse dinge; hulle het nie die Gees nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hierdie mense wat altyd wil spot, sê en doen dinge wat gelowiges vyande laat word van mekaar. Hierdie mense wat altyd wil spot, lewe soos mense van hierdie wêreld omdat hulle nie die Heilige Gees in hulle harte het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie slegte mense is besig om die kerk in twee te skeur. Al wat vir hulle saak maak, is hulle eie onbeheerbare drange en drifte. Die Gees van God is glad nie in hulle lewe te sien nie.