Jude 1:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Genade vir julle en vrede en liefde word vermenigvuldig.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek skryf aan julle vir wie God die Vader liefhet — julle wat deur Jesus Christus geroep is en veilig deur Hom bewaar word. Mag God se ontferming, vrede en liefde steeds meer en meer julle deel word.
Afrikaans 1933/1953
Mag barmhartigheid en vrede en liefde vir julle vermenigvuldig word!
Afrikaans 1983
Mag barmhartigheid, vrede en liefde in oorvloed aan julle geskenk word!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Mag barmhartigheid, vrede en liefde in oorvloed aan julle gegee word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons bid dat God baie goed sal wees vir julle, dat Hy vir julle baie vrede sal gee en baie lief sal wees vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My gebed is dat die sluise van God se onverdiende goedheid, sy hemelse vrede en sy liefde voluit oor julle lewe oopgetrek sal word.