Jude 1:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar julle, geliefdes, bou julleself op in julle allerheiligste geloof, terwyl julle in die Heilige Gees bid,
Afrikaans (NLV) 2011
Maar julle, geliefdes, moet aanhou om julleself op te bou op die fondament van julle allerheiligste geloof. Hou aan om te bid terwyl julle heg verbind bly aan die Heilige Gees.
Afrikaans 1933/1953
Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid
Afrikaans 1983
Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar julle moet, geliefdes, deur julleself op te bou in julle allerheiligste geloof, en deur in die Heilige Gees te bid,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar, my vriende, julle moet aanhou om mekaar te help en te bemoedig. Julle moet mekaar bou soos mense 'n huis bou. Die goeie boodskap wat van God kom, moet die fondament wees. Julle moet luister na die Heilige Gees wanneer julle bid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My liewe vriende, kom ek sê vir julle wat julle moet doen om op die regte pad te bly: Sorg dat julle geloof dag na dag sterker word. Bou julle hele lewe op God. Laat toe dat die Gees kragtig deur julle werk wanneer julle bid.