Jude 1:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hou julle in die liefde van God en verwag die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe.
Afrikaans (NLV) 2011
Hou julle liefdesband met God in stand. Verwag die ontferming van ons Here Jesus Christus met die ewige lewe as einddoel.
Afrikaans 1933/1953
en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag.
Afrikaans 1983
Bly in die liefde van God. Vestig steeds julle verwagting op die barmhartigheid van ons Here Jesus Christus wat die ewige lewe aan julle sal gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die ontferming van ons Here Jesus Christus, met die oog op die ewige lewe, verwag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God is lief vir julle, daarom moet julle mekaar goed oppas. Julle moet dit doen terwyl julle wag dat ons Here Jesus Christus vir julle die ewige lewe sal gee. Hy sal dit vir julle gee omdat Hy goed wil wees vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Laat God se liefde julle lewe omring soos ’n sterk muur. Plaas al julle hoop op die ongelooflike goedheid van ons Here Jesus Christus. Hy gee so baie vir julle om dat Hy vir julle die ewige lewe sal gee.