Jude 1:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En aan Hom wat magtig is om julle van val te bewaar en julle onberispelik voor die aangesig van sy heerlikheid te stel met groot blydskap,
Afrikaans (NLV) 2011
Aan Hom wat magtig is om julle van val te bewaar, en julle sonder vlek met groot vreugde voor sy heerlike teenwoordigheid stelling te laat inneem,
Afrikaans 1933/1953
Aan Hom nou wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
Afrikaans 1983
Aan Hom wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle onbevlek en met vreugde sy heerlikheid te laat aanskou,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Aan Hom wat die mag het om julle daarvan te bewaar dat julle struikel, en om julle onberispelik en jubelend voor sy heerlikheid te stel,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God is baie sterk. Hy gebruik sy krag om julle op te pas sodat julle nie sal val en sonde doen nie. Hy kan julle laat staan voor Hom, die Koning, en julle sal sonder sonde wees. Julle sal baie bly wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ons dien ’n wonderlike God. Hy is baie sterk. Hy kan sorg dat julle nooit in die sonde val nie. Hy kan julle beskerm sodat julle veilig by Hom in sy nuwe wêreld aankom, vol vreugde en met lofliedere in julle hart sodat julle sy grootheid vir altyd kan beleef.