Jude 1:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Aan die enigste wyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, heerskappy en mag, nou en altyd. Amen.
Afrikaans (NLV) 2011
aan die ewige God, ons Verlosser op grond van wat Jesus Christus vir ons gedoen het, behoort die heerlikheid, die grootheid, die krag en die mag van altyd af, ook nou en vir altyd. Amen.
Afrikaans 1933/1953
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid! Amen.
Afrikaans 1983
aan die enigste God, ons Verlosser deur Jesus Christus ons Here, aan Hom behoort die heerlikheid en die majesteit, die krag en die mag, van alle ewigheid af, ook nou en tot in alle ewigheid! Amen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
aan die enigste God, ons Verlosser, deur Jesus •Christus ons Here, behoort die heerlikheid, majesteit, krag en mag – van voor alle tye, en ook nou, en tot in alle ewigheid. •Amen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons behoort aan Jesus Christus, ons Here. Daarom moet ons vir God, ons Redder, prys. Net Hý is God, Hy is die Koning. Hy is baie sterk en Hy regeer van die tyd voordat Hy die wêreld gemaak het. Hy regeer nou en vir altyd en altyd. Amen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Aan die enigste ware God, ons Redder deur Jesus Christus, ons Here, behoort al die hemelse glorie en koningskap, die krag en die mag van altyd af, maar ook vandag en môre - ja, tot in die verste ewigheid. Vir seker! Amen.