Jude 1:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek sal julle dan in herinnering bring, alhoewel julle dit eens geweet het, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die ongelowiges vernietig het.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek wil julle daaraan herinner, al weet julle al die dinge, dat die Here sy volk uit Egipte bevry het, maar later tog dié vernietig het wat nie wou glo nie.
Afrikaans 1933/1953
Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het.
Afrikaans 1983
Al weet julle al hierdie dinge, wil ek julle daaraan herinner dat, hoewel die Here een maal sy volk uit Egipte verlos het, Hy tog daarna dié wat nie geglo het nie, laat omkom het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek wil julle daaraan herinner – al weet julle dit alles – dat die Here, nadat Hy een keer die volk uit Egipteland gered het, die tweede keer diegene wat nie geglo het nie, omgebring het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek weet dat julle al hierdie dinge weet, maar ek wil dit weer vir julle sê. Die Here het lank gelede die mense van Israel uit die land Egipte gered. Maar later het Hy die mense wat nie in Hom geglo het nie, verlore laat gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Al ken julle die geskiedenis van Israel, wil ek julle gou weer herinner aan hoe die Here vroeër met sy volk gemaak het wat sy goedheid vertrap het. Toe Hy sy volk uit Egipte verlos het, het Hy almal van hulle vernietig wat nie in Hom geglo het nie.