Judges 1:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Juda het teen die Kanaäniete getrek wat in Hebron gewoon het; en die naam van Hebron was voorheen Kirjat-Arba, en hulle het Sesai en Ahiman en Talmai gedood.
Afrikaans (NLV) 2011
Juda het opgeruk teen die Kanaäniete wat in Hebron bly. Hebron se naam was vroeër Kirjat-Arba. Daar het hulle die oorhand gekry oor Sesai, Agiman en Talmai.
Afrikaans 1933/1953
Juda het dan teen die Kanaäniete uitgetrek, die inwoners van Hebron -- maar die naam van Hebron was tevore Kirjat-Arba en hulle het Sesai en Ah¡man en Talmai verslaan.
Afrikaans 1983
Toe het Juda teen die Kanaäniete van Hebron gaan veg en vir Sesai, Agiman en Talmai verslaan. Hebron was vroeër bekend as Kirjat-Arba.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Juda het opgeruk na die Kanaäniete wat in Hebron woon; die naam van Hebron was vroeër Kirjat-Arba. Hulle het Sesai, Agiman en Talmai verslaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het ook gaan oorlog maak teen die Kanaäniete wat in die stad Hebron gewoon het. Hebron se naam was voorheen Kirjat-Arba. Daar het hulle vir Sesai, Agiman en Talmai oorwin.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe het Juda teen die Kanaäniete van Hebron, wat vroeër as Kirjat-Arba bekend was, gaan veg. Hier het hulle die magte van Sesai, Agiman en Talmai verslaan.