Judges 1:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En daarvandaan het hy teen die inwoners van Debir getrek, en die naam van Debir was voorheen Kirjat-Sefer.
Afrikaans (NLV) 2011
Van hier af het Juda met die mense wat in Debir woon, gaan veg. Debir se naam was vroeër Kirjat-Sefer.
Afrikaans 1933/1953
En daarvandaan het hy uitgetrek teen die inwoners van Debir -- maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer.
Afrikaans 1983
Van hier af het Juda teen die mense van Debir gaan veg. Debir was vroeër bekend as Kirjat-Sefer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarvandaan het hulle opgeruk na die inwoners van Debir; die naam van Debir was vroeër Kirjat-Sefer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe het die mense van Juda gaan oorlog maak teen die mense wat in die stad Debir gewoon het. Debir se naam was voorheen Kirjat-Sefer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Van hier af het hulle oorlog gaan maak teen die mense van die dorp Debir. Hierdie plek was vroeër bekend as Kirjat-Sefer.