Judges 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Otniël, die seun van Kenas, Kaleb se jonger broer, het dit ingeneem, en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee.
Afrikaans (NLV) 2011
Otniël was die seun van Kaleb se jonger broer Kenas. Hy het dit ingeneem. Kaleb het hom met sy dogter Aksa laat trou.
Afrikaans 1933/1953
Daarop het Otniël, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb, dit ingeneem; en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee.
Afrikaans 1983
Otniël seun van Kenas, 'n jonger broer van Kaleb, het dit ingeneem, en Kaleb het sy dogter Aksa vir hom as vrou gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Otniël, die seun van Kenas, Kaleb se jonger broer, het die dorp toe ingeneem, en hy het sy dogter Agsa vir hom as vrou gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Otniël het die stad oorwin. Hy was die seun van Kaleb se jonger broer Kenas. Kaleb het toe sy dogter Aksa vir Otniël gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Otniël, hy was Kaleb se jonger broer Kenas se seun, het dit reggekry; daarom het Kaleb hom met sy dogter Aksa laat trou.