Judges 1:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe sy by hom kom, het sy hom aangespoor om van haar vader 'n stuk grond te vra; en Kaleb sê vir haar: Wat wil jy hê?
Afrikaans (NLV) 2011
Nadat sy met hom getrou het, het sy Otniël aangehits om vir haar pa meer grond te vra. Toe sy by hom kom en van haar donkie afklim, het Kaleb vir haar gevra: “Wat is dit?”
Afrikaans 1933/1953
En toe sy aankom, het sy hom aangespoor om van haar vader 'n stuk grond te vra; en toe sy van die esel afklim, sê Kaleb vir haar: Wat wil jy hê?
Afrikaans 1983
Toe sy by hom kom, het hy haar aangepor om vir haar pa landbougrond te vra. Sy het van haar donkie afgeklim en Kaleb het vir haar gevra: “Wat wil jy vir my vra?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Met haar aankoms het sy hom aangespoor om by haar vader 'n stuk land te vra. Toe sy van die donkie afklim, vra Kaleb vir haar: “Wat wil jy hê?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die dag toe Aksa met Otniël trou, het sy vir Otniël gesê hy moet vir haar pa 'n stuk grond vra. Maar voordat sy op haar donkie weggery het, het sy self vir Kaleb gewys sy wil vir hom iets vra. Toe Kaleb vir haar vra wat sy wil hê,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Na die troue het hy haar omgepraat om vir haar pa nog landbougrond te vra. Toe sy haar ouers gaan groet en van haar donkie afklim, het Kaleb vir haar gevra: “Wat kan ek vir jou doen, wat wil jy hê?”