Judges 1:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sy sê vir hom: Gee my 'n seën, want jy het my 'n Suidland gegee; gee my ook waterfonteine. En Kaleb het haar die boonste fonteine en die onderste fonteine gegee.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy sê vir hom: “Seën my tog asseblief nog meer. U het vir my grond in die droë Negevwoestyn gegee. Gee tog vir my ook plek wat water het.” Kaleb het toe vir haar plekke met fonteine in sowel die hoër as die laerliggende dele gegee.
Afrikaans 1933/1953
En sy sê vir hom: Gee my tog 'n geskenk; omdat u my na 'n dor land versit het, moet u my waterfonteine gee. Toe gee Kaleb haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte.
Afrikaans 1983
Toe sê sy vir hom: “Gee my 'n stuk vrugbare grond. U het my die droë Suidland gegee. Gee my nou ook standhoudende water.” Kaleb het toe vir haar fonteine in die hooggeleë deel en fonteine in die laaggeleë deel gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy sê toe vir hom: “Gee vir my 'n buitengewone geskenk. Omdat u vir my grond in die Negev gegee het, moet u vir my waterbronne gee.” Hy het toe vir haar die boonste en die onderste bronne gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
het sy vir hom gesê: “Pa het vir my die Suid-land gegee. Maar gee nou vir my ook putte, sodat dit goed kan gaan met my.” Kaleb het vir haar die Boonste Put en die Onderste Put gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy sê toe vir hom: “U het my die droë Suidland gegee. Wil u nie ook vir my ’n paar goeie waterbronne as huweliksgeskenk gee nie?” Hy het toe vir haar fonteine op die heuwels en die vlakte gegee.