Judges 1:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die kinders van die Keniet, Moses se skoonvader, het saam met die kinders van Juda uit die palmstad opgetrek na die woestyn van Juda wat in die suide van Arad lê; en hulle het gegaan en onder die volk gaan woon.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Keniete was afstammelinge van Moses se skoonpa. Hulle het saam met die mense van Juda uit die Palmstad na die Judawoestyn toe getrek. Hulle het by die mense van die land daar in die woestyn naby Arad gaan bly.
Afrikaans 1933/1953
En die kinders van die Keniet, die swaer van Moses, het saam met die kinders van Juda opgetrek uit die Palmstad na die woestyn van Juda wat in die suide van Arad lê; en hy het heengegaan en met die volk saamgewoon.
Afrikaans 1983
Die Keniete, afstammelinge van Moses se skoonpa, het saam met Juda uit die Palmstad getrek na die Judawoestyn toe. Dit was geleë in die Suidland by Arad. Hulle het by die volk daar gaan woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die nakomelinge van Moses se skoonvader, die Keniet, het saam met die nakomelinge van Juda uit die Palmstad opgetrek na die Judese woestyn wat in die Negev by Arad lê. Hulle het daarheen gegaan en by die mense gaan woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Keniete was die nageslag van Moses se skoonpa. Hulle het van die stad Jerigo gekom, die stad waar baie palmbome gegroei het, en hulle het saam met die mense van Juda in die woestyn van Juda gaan woon, in die Suid-land rondom die stad Arad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe Juda uit Jerigo wegtrek, het die Keniete (hulle was familie van Moses se skoonpa) saamgetrek tot in die Judese woestyn en by die mense van Arad gaan woon.