Judges 1:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Juda het saam met sy broer Simeon gegaan, en hulle het die Kanaäniete wat in Sefat gewoon het, gedood en dit met die banvloek getref. En die naam van die stad is Horma genoem.
Afrikaans (NLV) 2011
Juda en Simeon het saam teen die Kanaäniete wat in Sefat bly, gaan veg. Hulle het die stad totaal verwoes en dit Gorma genoem.
Afrikaans 1933/1953
En Juda het saam met sy broer S¡meon getrek, en hulle het die Kanaäniete verslaan wat in Sefat gewoon het en dit met die banvloek getref; daarom noem hulle die stad Horma.
Afrikaans 1983
Juda het met sy broer Simeon saamgespan en die Kanaäniete verslaan wat in Sefat woon. Hulle het die stad in puin gelê en dit Gorma genoem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Juda het saam met sy broer Simeon gegaan, en hulle het die Kanaäniete verslaan wat in Sefat woon. Hulle het die dorp met die banvloek getref. Die dorp is toe Gorma genoem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die stam van Juda het saam met die stam van sy broer Simeon gegaan, en hulle het die Kanaäniete oorwin wat in die stad Sefat gewoon het. Hulle het al die mense en diere in die stad doodgemaak en hulle het die stad Gorma genoem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Juda en Simeon het weer saamgespan en die Kanaäniete in Sefat verslaan. Hulle het die stad heeltemal verwoes; daarom word dit Gorma, of verwoeste stad, genoem.