Judges 1:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Juda het Gasa met sy kusgebied ingeneem, en Askelon met sy kusgebied, en Ekron met sy kusgebied.
Afrikaans (NLV) 2011
Juda het ook nog Gasa, Askelon en Ekron met hulle omliggende gebiede aangeval.
Afrikaans 1933/1953
En Juda het Gasa met sy grondgebied en Askelon met sy grondgebied en Ekron met sy grondgebied ingeneem.
Afrikaans 1983
[18-19] Die Here was by Juda, en hulle het die Bergland in besit geneem. Maar Juda kon nie die inwoners van die Vlakte verslaan en hulle stede verower nie, want hulle het ysterstrydwaens gehad. Hulle stede was Gasa, Askelon en Ekron, elkeen met sy grondgebied.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Juda het ook Gasa en sy grondgebied, Askelon en sy grondgebied, en Ekron en sy grondgebied ingeneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense van Juda het ook die stede Gasa, Askelon en Ekron oorwin, en hulle het die stede gevat saam met die grond rondom die stede.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
[18-19] Die Here het Juda gehelp en hulle het die berggebiede ingeneem asook die vlaktestede Gasa, Askelon en Ekron met hulle omliggende gebiede. Juda kon egter nie die mense op die vlakte verdryf nie omdat hulle ysterstrydwaens gehad het, en daarom kon Juda hulle nie wen nie.