Judges 1:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het Hebron aan Kaleb gegee, soos Moses gesê het, en hy het die drie seuns van Enak daarvandaan verdryf.
Afrikaans (NLV) 2011
Kaleb het Hebron gekry, soos Moses bepaal het, en het die drie groepe Enakiete daar uit Hebron verdryf.
Afrikaans 1933/1953
En hulle het Hebron aan Kaleb gegee, soos Moses gespreek het; en hy het die drie seuns van Enak daaruit verdrywe.
Afrikaans 1983
Soos Moses beveel het, is Hebron aan Kaleb gegee, en hy het die drie nasate van Enak uit Hebron verdryf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Juda het Hebron vir Kaleb gegee soos Moses beloof het, en hy het die drie afstammelinge van Enak daaruit verdryf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Juda-stam het die stad Hebron vir Kaleb gegee. Kaleb het drie Enak-mense oorwin en weggejaag uit Hebron.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Soos Moses vroeër beveel het, het Kaleb die dorp Hebron gekry. Hy het die mense verdryf wat daar gebly het. Hulle was die nakomelinge van die drie seuns van Enak.