Judges 1:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die kinders van Benjamin het die Jebusiete wat Jerusalem gewoon het, nie verdrywe nie; maar die Jebusiete woon by die kinders van Benjamin in Jerusalem tot vandag toe.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Jebusiete het in Jerusalem gewoon. Die Benjaminiete kon hulle nie verdryf nie. Hulle woon tot vandag toe nog steeds saam met die Benjaminiete in Jerusalem.
Afrikaans 1933/1953
En die kinders van Benjamin het die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdrywe nie, sodat die Jebusiete saam met die kinders van Benjamin in Jerusalem woon tot vandag toe.
Afrikaans 1983
Die Jebusiete het in Jerusalem gewoon, en die Benjaminiete het hulle nie verslaan nie. Hulle woon nou nog saam met die Benjaminiete in Jerusalem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En wat betref die Jebusiete wat in Jerusalem gewoon het – die nakomelinge van Benjamin het hulle nie verdryf nie. Die Jebusiete het saam met die nageslag van Benjamin in Jerusalem bly woon; dit is vandag nog so.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Benjamin-stam het nie die Jebusiete oorwin en weggejaag nie, die Jebusiete wat in Jerusalem gewoon het. Die Jebusiete woon tot vandag toe saam met die Benjamin-mense in Jerusalem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Benjaminiete kon nie daarin slaag om die Jebusiete, wat in Jerusalem gebly het, te verslaan nie. So het dit gekom dat die Jebusiete van toe af saam met hulle in Jerusalem bly woon het.