Judges 1:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die verkenners het 'n man uit die stad sien uitkom, en hulle sê vir hom: Wys ons tog die ingang na die stad, en ons sal barmhartigheid aan jou bewys.
Afrikaans (NLV) 2011
Die verkenners het ’n man uit die stad sien kom. Hulle sê toe vir hom: “Wys ons waar ons in die stad kan inkom. Ons sal jou goed beloon.”
Afrikaans 1933/1953
sien die spioene 'n man uit die stad uitkom, en hulle sê vir hom: Wys ons tog 'n plek om in die stad in te kom, dan sal ons jou 'n guns bewys.
Afrikaans 1983
Die verkenners het 'n man uit die stad sien kom en vir hom gevra: “Wys ons tog hoe om in die stad te kom. Ons sal jou goed behandel.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dié wat die plek dopgehou het, sien toe 'n man wat uit die dorp uitgaan en sê vir hom: “Wys ons asseblief hoe om in die stad in te kom, dan sal ons aan jou trou bewys.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die spioene het 'n man uit die stad sien kom, en hulle het vir hom gesê: “As jy vir ons wys hoe ons in die stad kan inkom, dan sal ons goed wees vir jou.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het ’n man uit die stad sien kom en vir hom gesê: “As jy ons wys hoe om die stad in te neem, sal ons jou goed behandel.”