Judges 1:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die man het na die land van die Hetiete gegaan en 'n stad gebou en dit Lus genoem, dit is die naam daarvan tot vandag toe.
Afrikaans (NLV) 2011
Die man is toe na die gebied van die Hetiete toe. Hy het vir hom daar ’n stad gebou, wat hy Lus genoem het. Dit is vandag nog daardie stad se naam.
Afrikaans 1933/1953
En die man het weggetrek na die land van die Hetiete, en hy het 'n stad gebou en dit Lus genoem; dit is sy naam tot vandag toe.
Afrikaans 1983
Hy is toe na die Hetiete toe en daar het hy vir hom 'n stad gebou en dit Lus genoem. Dit is nou nog die stad se naam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die man het toe na die land van die Hetiete gegaan en 'n dorp gebou wat hy Lus genoem het. Dit is die dorp se naam tot vandag toe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die man het na Hetiete-land gegaan en hy het daar 'n stad gebou. Hy het die stad ook Lus genoem, dit is vandag nog die naam van die stad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie man het later na die gebied van die Hetiete toe getrek en vir hom daar ’n stad gebou en dit Lus genoem. Dit is nou nog die stad se naam.