Judges 1:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ook het Manasse nie die inwoners van Betsean en sy onderhorige plekke en Taänag met sy onderhorige plekke, of die inwoners van Dor en sy onderhorige plekke, en die inwoners van Ibleam en sy onderhorige plekke, en die inwoners van Megiddo en sy onderhorige plekke nie verdryf nie; maar die Kanaäniete wou in daardie land woon.
Afrikaans (NLV) 2011
Die mense van Manasse het dit nie reggekry om die inwoners van Bet-San, Taänak, Dor, Jibleam en Megiddo met hulle omringende klein dorpies te verdryf nie. Die Kanaäniete was vasberade om daar te bly.
Afrikaans 1933/1953
En Manasse het Bet-Sean met sy onderhorige plekke en T änag met sy onderhorige plekke en die inwoners van Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van J¡bleam met sy onderhorige plekke en die inwoners van Meg¡ddo met sy onderhorige plekke nie verdrywe nie; en die Kanaäniete het verkies om in hierdie land te bly woon.
Afrikaans 1983
Manasse kon nie die stede Bet-San en Taänak en hulle buitedorpe verslaan nie, ook nie die inwoners van die stede Dor, Jibleam en Megiddo en hulle buitedorpe nie. Die Kanaäniete was sterk genoeg om in daardie stede te bly woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Manasse het egter nie Bet-San met sy omliggende dorpies en Taänag met sy omliggende dorpies verower nie, en nie die inwoners van Dor met sy omliggende dorpies, die inwoners van Jibleam met sy omliggende dorpies, en die inwoners van Megiddo met sy omliggende dorpies verdryf nie. Die Kanaäniete was vasberade om in hierdie landstreek te bly woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Manasse-stam het nie die mense oorwin en weggejaag wat gewoon het in die stede Bet-San, Taänak, Dor, Jibleam en Megiddo en in die klein dorpies rondom hulle nie. Die Kanaäniete wou nie weggaan uit die stede nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die stam van Manasse kon nie daarin slaag om die dorpe Bet-San, Taänak, Dor, Jibleam en Megiddo met die dorpe rondom hulle in te neem nie, want die Kanaäniete wat in daardie gebiede gebly het, was te sterk.