Judges 1:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe Israel sterk was, het hulle die Kanaäniete belasting opgelê en hulle nie heeltemal verdryf nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe die Israeliete later sterker geword het, het hulle wel die Kanaäniete verplig om vir hulle te werk. Hulle het dit egter nooit reggekry om hulle van daar af te verdryf nie.
Afrikaans 1933/1953
Maar toe Israel sterk word, het hy die Kanaäniete dienspligtig gemaak; hy het hulle egter nie heeltemal verdrywe nie.
Afrikaans 1983
Toe die Israeliete sterker geword het, het hulle die Kanaäniete dwangarbeid laat doen maar nie die stede ingeneem nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe Israel sterker geword het, het hulle die Kanaäniete dwangarbeid laat doen, maar hulle het hulle nie heeltemal verdryf nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe die Israeliete 'n sterk volk geword het, het hulle die Kanaäniete swaar laat werk, maar hulle het nooit die Kanaäniete heeltemal weggejaag nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Later het die Israeliete sterker geword en toe het hulle dit reggekry om die Kanaäniete te dwing om vir hulle te werk. Tog het die Kanaäniete steeds in die gebied bly woon.