Judges 1:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Efraim het die Kanaäniete wat in Geser gewoon het, nie verdryf nie; maar die Kanaäniete het in Geser onder hulle gewoon.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Efraimiete kon dit ook nooit regkry om die Kanaäniete wat in Geser gewoon het, uit te dryf nie. Die Kanaäniete bly nog al die tyd tussen hulle in Geser.
Afrikaans 1933/1953
En Efraim het die Kanaäniete, die inwoners van Geser, nie verdrywe nie; sodat die Kanaäniete in sy midde in Geser bly woon het.
Afrikaans 1983
Ook Efraim het nie die Kanaäniete wat in Geser gewoon het, verslaan nie. Hulle het in Geser by Efraim bly woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ook Efraim het nie die Kanaäniete verdryf wat in Geser gewoon het nie. Die Kanaäniete het in Geser tussen hulle bly woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Efraim-stam het ook nie die Kanaäniete oorwin en weggejaag wat in Geser gewoon het nie. Die Kanaäniete het aangehou om in Geser te woon tussen die mense van Efraim.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dieselfde het ook met die stam van Efraim gebeur. Hulle kon dit ook nie regkry om die Kanaäniete wat in Geser gebly het te verslaan nie. Daarom het die Kanaäniete saam met hulle daar bly woon.