Judges 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Juda vir sy broer Simeon: Trek saam met my op in my lot, dat ons teen die Kanaäniete kan veg; en ek sal ook saam met jou in jou lot gaan. Simeon het toe saam met hom gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Juda se leiers sê toe vir hulle volksgenote van die Simeonstam: “Kom veg saam met ons teen die Kanaäniete wat op die grond bly wat met die lot vir ons aangewys is. Ons sal julle weer help om vir julle grond te gaan veg.” Die Simeoniete is toe saam met hulle.
Afrikaans 1933/1953
Toe sê Juda aan sy broer S¡meon: Trek saam met my op in my aandeel, dat ons die Kanaäniete kan beveg, dan sal ek ook met jou saam optrek in jou aandeel. En S¡meon het saam met hom getrek;
Afrikaans 1983
Toe sê Juda vir sy broer Simeon: “Kom saam met my na die gebied toe wat aan my toegesê is, dan veg ons saam teen die Kanaäniete. Ek sal dan weer saam met jou gaan na jou gebied toe.” Simeon is toe saam met hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Juda sê toe vir sy broer Simeon: “Trek saam met my op na die gebied wat aan my toegewys is, sodat ons teen die Kanaäniete kan oorlog maak; dan sal ek ook saam met jou optrek na die gebied wat aan jou toegewys is.” Simeon het toe saam met hom gegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense van die Juda-stam het toe vir die mense van die Simeon-stam gesê: “Kom maak saam met ons oorlog teen die Kanaäniete, dan sal ons later saam met julle gaan en julle help wanneer julle moet gaan oorlog maak.” Simeon was Juda se broer. Die Simeon-stam het toe saam met die Juda-stam gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe sê Juda se leiers vir hulle familie uit die stam van Simeon: “Kom veg saam met ons teen die Kanaäniete wat in die gebied bly wat ons gekry het om in te woon. Dan sal ons julle weer help om julle gebied in te neem.” Hulle is toe saam daar weg om te gaan oorlog maak.