Judges 1:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Aser het ook nie die inwoners van Akgo en die inwoners van Sidon of Aglab en Agsib en Helba en Afik en Rehob verdryf nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Aser het nooit die mense in Akko, Sidon, Aglab, Aksib, Gelba, Afek en Regob daar weggekry nie.
Afrikaans 1933/1953
Aser het die inwoners van Akko en die inwoners van Sidon en Aglab en Agsib en Helba en Afik en Rehob nie verdrywe nie;
Afrikaans 1983
Aser het nie die inwoners van Akko, Sidon, Aglab, Aksib, Gelba, Afek en Regob verslaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Aser het nie die inwoners van Akko en Sidon en ook nie dié van Aglab, Agsib, Gelba, Afek en Regob verdryf nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Aser-stam het nie die mense oorwin en weggejaag wat gewoon het in die stede Akko, Sidon, Aglab, Aksib, Gelba, Afek en Regob nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die stam van Aser kon ook nie die dorpe Akko, Sidon, Aglab, Aksib, Gelba, Afek en Regob inneem nie.