Judges 1:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar die Aseriete het onder die Kanaäniete, die inwoners van die land, gewoon, want hulle het hulle nie verdryf nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Eintlik was dit Aser wat tussen die Kanaäniete, die inwoners van die land, gaan bly het. Hulle het nie daarin geslaag om hulle te verdryf nie.
Afrikaans 1933/1953
sodat die Aseriete bly woon het onder die Kanaäniete, die bevolking van die land, want hulle het hulle nie verdrywe nie.
Afrikaans 1983
Die mense van Aser het tussen die Kanaäniete wat daar gebly het, gaan woon, want Aser het hulle nie verslaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die stam van Aser het tussen die Kanaäniete, die inwoners van daardie landstreek, gewoon, want hulle het hulle nie verdryf nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Aser-mense het gewoon tussen die Kanaäniete in die land, want hulle het nie die Kanaäniete weggejaag nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom dat die mense van Aser maar tevrede moes wees om saam met die Kanaäniete in hierdie gebiede te bly.