Judges 1:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die Amoriete het die kind gedwing op die berg, want hulle wou nie toelaat dat hulle na die dal afdaal nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Amoriete het Dan na die heuwels toe verjaag. Hulle het die Daniete nie toegelaat om af te kom na die laagtes toe nie.
Afrikaans 1933/1953
En die Amoriete het die kinders van Dan die gebergte in gedruk, want hulle het hul nie toegelaat om na die laagte af te kom nie;
Afrikaans 1983
Die Amoriete het vir Dan berg-in gedryf en hom nie in die laagte laat kom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Amoriete het die nageslag van Dan in die bergland ingedwing, want hulle het hulle nie toegelaat om af te gaan na die vlakte nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Amoriete het die mense van die Dan-stam gekeer, en die Dan-mense kon nie in die valleie inkom nie. Daarom moes die Dan-mense in die berge woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Amoriete het die stam van Dan die berge ingejaag en hulle nie toegelaat om op die vrugbare vlaktes te kom bly nie.