Judges 1:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar die Amoriete sou woon op die berg HERE s in Ajalon en in Saälbim;
Afrikaans (NLV) 2011
Die Amoriete was vasberade om in Har-Geres, Ajalon en Saälbim te bly woon. Toe die Josefstam egter later die oorhand kry, het hulle die Amoriete verplig om vir hulle dwangarbeid te doen.
Afrikaans 1933/1953
sodat die Amoriete verkies het om te bly woon in Har-Heres, in Ajalon en in S älbim; maar die hand van die huis van Josef was swaar, sodat hulle dienspligtig geword het.
Afrikaans 1983
Die Amoriete was sterk genoeg om in Har-Geres, Ajalon en Saälbim te bly woon. Maar toe die Josefstam sterker geword het, moes die Amoriete dwangarbeid doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Amoriete was vasberade om in Har-Geres, Ajalon en Saälbim te bly woon, maar toe die hand van die huis van Josef swaar op hulle begin druk, moes hulle dwangarbeid verrig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Amoriete wou nie weggaan uit die stede Har-Geres, Ajalon en Saälbim nie. Maar die Josef-stamme het later sterk geword, en toe moes die Amoriete swaar werk vir die Josef-mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom het die Amoriete in die dorpe Ajalon en Saälbim en ook by die berg Geres bly woon. Later het die afstammelinge van Josef sterker geword. Toe het hulle die Amoriete gedwing om vir hulle te werk.