Judges 1:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Juda het opgetrek; en die HERE het die Kanaäniete en Feresiete in hulle hand gegee, en hulle het tienduisend man van hulle in Besek gedood.
Afrikaans (NLV) 2011
Juda het toe gaan veg. Die Here het gesorg dat Juda die oorwinning oor die Kanaäniete en die Feresiete behaal. Hulle het in Besek 10 000 man doodgemaak.
Afrikaans 1933/1953
en toe Juda optrek, het die HERE die Kanaäniete en Feresiete in hul hand gegee, sodat hulle tien duisend man van hulle by Besek verslaan het.
Afrikaans 1983
Juda het toe gaan veg, en die Here het die Kanaäniete en die Feresiete in Juda se mag oorgegee en hy het in Besek tien duisend man verslaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Juda het opgetrek en die Here het die Kanaäniete en die Feresiete in hulle hand gegee, sodat hulle by Besek tienduisend man verslaan het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het hulle gehelp om die Kanaäniete en Feresiete te oorwin. Hulle het in die stad Besek 10 000 soldate doodgemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
[4-5] Met die Here se krag het hulle die Kanaäniete en die Feresiete verslaan. By Besek het hulle teen koning Adoni-Besek geveg en 10 000 van sy soldate doodgemaak.