Judges 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En daarna het die kinders van Juda afgetrek om te veg teen die Kanaäniete wat op die berg en in die suide en in die dal gewoon het.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarna het hulle gaan oorlog maak teen die Kanaäniete wat in die heuwels, in die Negevwoestyn en op die kusvlakte gewoon het.
Afrikaans 1933/1953
En daarna het die kinders van Juda afgetrek om te veg teen die Kanaäniete wat op die Gebergte en in die Suidland en in die Laeveld gewoon het.
Afrikaans 1983
Daarna het Juda gaan veg teen die Kanaäniete wat gewoon het op die Bergland, in die Suidland en in die Laeveld.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarna het die nageslag van Juda afgegaan om teen die Kanaäniete wat in die bergland, in die Negev en in die Sjefela gewoon het, oorlog te maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarna het die mense van Juda oorlog gemaak teen die Kanaäniete wat gewoon het op die berge en in die Suid-land en die Laeveld.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarna het hulle teen die Kanaäniete gaan veg wat in die suidelike gebiede, die bergagtige gebiede en die woestynagtige dele gebly het.