Judges 10:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die kinders van Israel het aan die HERE gesê: Ons het gesondig; verlos ons net vandag, ons bid U.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar die Israeliete het gesoebat by die Here: “Ons het gesondig! Maak met ons soos U wil. Red ons tog net vandag!”
Afrikaans 1933/1953
Toe sê die kinders van Israel aan die HERE: Ons het gesondig; maak met ons net soos dit goed is in u oë; verlos ons tog net vandag.
Afrikaans 1983
Maar die Israeliete het die Here geantwoord: “Ons het gesondig! Doen U met ons wat goed is in u oë, maar red ons tog net vandag!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Israeliete sê toe vir die Here: “Ons het gesondig! Doen U met ons wat ook al goed is in u oë; maar red ons asseblief net vandag uit!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Israeliete het vir die Here gesê: “Ons het sonde gedoen. U kan met ons doen wat U wil doen, maar red ons asseblief vandag.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Israeliete het by die Here bly pleit en vir Hom gesê: “Ons het sonde gedoen! Doen met ons net wat U wil, maar red ons asseblief vandag!”