Judges 13:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die Engel van die HERE het aan die vrou verskyn en vir haar gesê: Kyk tog, jy is onvrugbaar en baar nie, maar jy sal swanger word en 'n seun baar.
Afrikaans (NLV) 2011
Die engel van die Here het by haar gekom en vir haar gesê: “Jy kon nie tot dusver kinders kry nie, maar jy sal binnekort verwag en ’n seun hê.
Afrikaans 1933/1953
Maar die Engel van die HERE het aan die vrou verskyn en vir haar gesê: Kyk, jy is onvrugbaar en het geen kinders gehad nie, maar jy sal swanger word en 'n seun baar.
Afrikaans 1983
Die Engel van die Here het aan haar verskyn en vir haar gesê: “Jy is nou kinderloos, maar jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die •Engel van die Here het aan die vrou verskyn en vir haar gesê: “Kyk, jy is onvrugbaar en kan nie kinders kry nie, maar jy gaan swanger word en 'n seun in die wêreld bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Engel van die Here het na die vrou toe gekom en vir haar gesê: “Jy kon nie kinders kry nie, maar jy sal nou swanger word en jy sal 'n seun kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar het toe ’n Boodskapper van die Here aan haar verskyn en vir haar gesê: “Jy kon nog nooit swanger word nie, maar binnekort gaan jy wel swanger word en geboorte gee aan ’n seun.