Judges 15:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Simson aangaande hulle: Nou sal ek onberispelik wees as die Filistyne, al doen ek hulle 'n misnoeë.
Afrikaans (NLV) 2011
Simson sê toe vir hulle: “Ek is hierdie keer onskuldig vir wat ek nou met die Filistyne gaan aanvang.”
Afrikaans 1933/1953
Maar Simson het vir hulle gesê: Hierdie keer is ek onskuldig teenoor die Filistyne as ek hulle kwaad aandoen.
Afrikaans 1983
Maar Simson sê vir hulle: “Hierdie keer het ek die Filistyne niks verkeerds aangedoen nie. Ek gaan 'n ramp oor hulle bring.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar Simson het vir hulle gesê: “Hierdie keer is ek sonder blaam teenoor die Filistyne wanneer ek by hulle gaan skade aanrig.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Simson het gesê: “Ek sal die Filistyne laat swaarkry oor hierdie ding, en dit sal nie my skuld wees nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe sê Simson: “Hierdie keer kan ek regtig nie verantwoordelik gehou word vir wat ek aan die Filistyne gaan doen nie.”