Judges 15:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Simson sê vir hulle: Al het julle dit gedoen, sal ek tog op julle gewreek word, en daarna sal ek ophou.
Afrikaans (NLV) 2011
Simson het wraak gesweer: “Omdat julle dit gedoen het, gaan ek nie ophou voordat ek my op julle gewreek het nie.”
Afrikaans 1933/1953
Daarop sê Simson vir hulle: As julle so maak, sal ek sekerlik nie rus voordat ek my op julle gewreek het nie.
Afrikaans 1983
Simson het vir hulle gesê: “As dít is wat julle doen, sal ek nie ophou voordat ek my op julle gewreek het nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Simson het toe vir hulle gesê: “As dit is hoe julle optree, dan sal ek nie ophou voordat ek my op julle gewreek het nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Simson het vir hulle gesê: “Julle het nou dit gedoen, daarom sal ek nie ophou voordat ek julle genoeg gestraf het nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Simson het toe vir hulle gesê: “Is dit hoe julle optree? Nou belowe ek julle ek sal nie ophou voordat ek julle almal terugbetaal het nie!”