Judges 16:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het die vorste van die Filistyne sewe groentjies wat nie gedroog was nie, na haar gebring, en sy het hom daarmee gebind.
Afrikaans (NLV) 2011
Die leiers van die Filistyne het vir Delila sewe vars boogsnare gebring wat nog klam was. Sy het Simson daarmee vasgebind.
Afrikaans 1933/1953
Daarop het die vorste van die Filistyne vir haar sewe vars lyne gebring wat nie uitgedroog was nie, en sy het hom daarmee gebind.
Afrikaans 1983
Die leiers van die Filistyne het vir haar sewe boogsnare wat nog klam is, gebring en sy het hom daarmee vasgebind.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die regeerders van die Filistyne het sewe vars boogsnare wat nog nie uitgedroog was nie, vir haar gestuur. Sy het hom daarmee vasgebind.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die leiers van die Filistyne het vir Delila sewe nuwe boogsnare gebring wat nog nie droog geword het nie, en sy het vir Simson daarmee vasgebind.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die leiers van die Filistyne het toe vir haar sewe klam boogsnare gebring waarmee sy Simson vasgebind het.