Judges 18:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die seshonderd man wat met hulle oorlogswapens aangestel was, wat van die kinders van Dan was, het by die ingang van die poort gestaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Die 600 gewapende soldate het buite by die deur gaan staan.
Afrikaans 1933/1953
Onderwyl die ses honderd man wat uit die kinders van Dan was, met hulle wapens omgord voor die ingang van die poort gaan staan,
Afrikaans 1983
Die ses honderd goed gewapende man uit die stam Dan het by die deur gaan staan,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die seshonderd manne uit die nakomelinge van Dan, met hulle wapens aangegord, het stelling ingeneem by die toegangspoort.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die 600 Dan-manne het met hulle wapens voor die poort gaan staan,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die 600 gewapende soldate het by die hek bly staan,