Judges 2:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ook daardie hele geslag is by hulle vaders versamel, en daar het 'n ander geslag ná hulle opgestaan wat die HERE nie geken het nie en ook nie die werke wat Hy vir Israel gedoen het nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Daardie geslag het uitgesterf. Ná hulle het daar ’n geslag mense gekom wat nie die Here geken het nie. Hulle het ook niks geweet van die groot dinge wat Hy gedoen het nie.
Afrikaans 1933/1953
En toe ook daardie hele geslag by hulle vaders versamel is, staan daar 'n ander geslag nhulle op wat die HERE en ook die werk wat Hy vir Israel gedoen het, nie geken het nie.
Afrikaans 1983
Al die mense van sy leeftyd het gesterf, en die volgende geslag se mense het nie die Here geken nie. Hulle het ook nie geweet van sy groot dade wat Hy gedoen het om vir Israel te help nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Nadat ook daardie hele geslag met hulle voorouers verenig is, het daar 'n ander geslag ná hulle opgestaan wat nie die Here geken het, en ook nie die dade wat Hy vir Israel gedoen het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En toe die mense wat saam met Josua gelewe het, ook gesterf het, het 'n nuwe geslag gekom wat nie die Here geken het nie en nie geweet het wat Hy alles vir die Israeliete gedoen het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die leiers wat vir Josua oorleef het, is later almal dood. Na hulle het daar ’n geslag mense gekom wat nie die Here geken het nie. Hulle het ook nie geweet van al die wonderlike dinge wat Hy vir Israel gedoen het nie.