Judges 2:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die toorn van die HERE het ontvlam teen Israel, en Hy het hulle oorgegee in die hand van plunderaars wat hulle beroof het, en Hy het hulle in die hand van hulle vyande rondom verkoop, sodat hulle nie meer voor hulle vyande kon bly staan nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here was woedend vir Israel. Hy het hulle uitgelewer aan rowers wat Israel geplunder het. Die Here het hulle in die hand van al hulle vyande rondom hulle oorgelewer. Die Israeliete kon geen teenstand bied teen hulle vyande nie.
Afrikaans 1933/1953
het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het hulle oorgegee in die hand van rowers wat hulle beroof het; en Hy het hulle verkoop in die hand van hulle vyande rondom, sodat hulle nie meer kon standhou voor hulle vyande nie.
Afrikaans 1983
Toe het die Here kwaad geword vir Israel en hulle oorgegee in die mag van roofbendes deur wie Israel beroof is. Die Here het hulle ook uitgelewer aan die vyande in die omgewing. Die Israeliete kon nie meer teen hulle vyande standhou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die toorn van die Here het teen Israel ontbrand. Hy het hulle oorgelewer in die hand van plunderaars, en dié het hulle geplunder. Hy het hulle oorgelewer in die hand van hulle vyande rondom hulle. Hulle kon nie meer standhou voor hulle vyande nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het baie kwaad geword. Hy het ander mense laat kom wat al die Israeliete se goed kom vat het. Hy het die Israeliete swakker laat word as al hulle vyande rondom hulle, en die Israeliete kon nie die vyande keer nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here was so kwaad dat Hy rowers toegelaat het om Israel se gebiede te plunder en te beroof. Hy het hulle aan hulleself oorgelaat en hulle nie langer teen hulle vyande beskerm nie. Israel was nou magteloos.