Judges 2:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En tog het hulle nie na hulle regters geluister nie, maar agter ander gode aan gehoereer en hulle voor hulle neergebuig, maar hulle het nie so gedoen nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar die volk was nie gehoorsaam aan hulle leiers nie. Hulle het agter ander gode aangegaan en hulle aanbid. Hulle het gou afgewyk van die koers wat hulle voorouers ingeslaan het, naamlik om die Here se gebooie te volg. Hulle het nie dieselfde koers gevolg nie.
Afrikaans 1933/1953
Na hulle rigters het hulle egter ook nie geluister nie, maar agter ander gode aan gehoereer en hulle daarvoor neergebuig; gou het hulle afgewyk van die weg wat hulle vaders bewandel het in gehoorsaamheid aan die gebooie van die HERE: so het hulle nie gedoen nie.
Afrikaans 1983
Die volk het ook nie na hulle leiers geluister nie. Die volk was ontrou aan die Here en het ander gode aanbid en baie gou die pad van hulle voorvaders verlaat en ongehoorsaam geword aan die gebooie van die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ook na hulle rigters het hulle nie geluister nie, want hulle het agter ander gode aan gehoereer en voor hulle in aanbidding gebuig. Hulle het gou afgewyk van die pad wat hulle voorouers gevolg het in gehoorsaamheid aan die Here se gebooie. Hulle het nie so opgetree nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar die Israeliete het ook nie na hulle leiers geluister nie. Die Israeliete het ander gode gedien en voor hulle gebuig. Ja, die Israeliete het nie gedoen soos hulle voorvaders gedoen het nie. Hulle voorvaders was gehoorsaam aan die gebooie van die Here, maar nou het die Israeliete dit nie meer gedoen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar hulle het nie na hierdie leiers geluister nie. Hulle was ongehoorsaam aan die Here en het ander gode aanbid. Hulle voorouers het na die Here geluister en Hom getrou gedien, maar hierdie nuwe geslag Israeliete het baie vinnig hulle rug vir Hom gedraai.