Judges 2:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dit het gebeur, toe die regter dood was, het hulle teruggekeer en hulleself meer as hulle vaders verdorwe deur ander gode te volg om hulle te dien en voor hulle neer te buig; hulle het nie opgehou van hul eie handelinge en van hul hardnekkige weg nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Sodra die leier egter sterf, het hulle maar weer teruggeval op die ou weë en het hulle net nog erger tekere gegaan as die mense voor hulle. Hulle het agter vreemde gode aangeloop om hulle te aanbid en voor hulle te buig. Hulle het nie van hulle verkeerde dade afgesien of hulle eiewilligheid gelos nie.
Afrikaans 1933/1953
Maar wanneer die rigter dood was, het hulle nog erger as hulle vaders gehandel deur agter ander gode aan te loop, om hulle te dien en hulle daarvoor neer te buig: hulle het niks laat vaar van hulle handelinge en van hulle hardnekkige wandel nie.
Afrikaans 1983
Maar na die leier se dood het hulle nog erger as hulle voorvaders gehandel en ander gode aangehang en gedien en aanbid. Hulle het nie hulle verkeerde dade en hulle hardkoppigheid laat vaar nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar wanneer die rigter sterf, het hulle nog meer ontaard as hulle ouers deur agter ander gode aan te loop, hulle te dien en voor hulle in aanbidding te buig. Hulle het nie enige van hulle dade en hardnekkige optrede laat vaar nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar wanneer daardie leier sterf, dan het hulle nog slegter dinge gedoen as hulle voorvaders. Hulle het ander gode gedien en voor die gode gebuig. Hulle het aangehou om verkeerde dinge te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar ná so ’n leier se dood het die volk teruggeval in hulle ou gewoontes. Hulle het eintlik nog erger as die vorige geslag aangegaan. Hulle het agter ander gode aangehardloop en hulle aanbid. Hulle het hardkoppig geweier om op te hou met hulle sondige manier van leef.