Judges 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die volk het die HERE gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat nog oor Josua geleef het, wat al die groot werke van die HERE gesien het wat Hy vir Israel gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011
Terwyl Josua nog geleef het, het die volk die Here bly dien. Terwyl dié leiers oor was wat langer as Josua geleef het, het hulle nog die Here gedien. Hierdie mense het nog al die groot dade beleef wat die Here vir Israel gedoen het.
Afrikaans 1933/1953
En die volk het die HERE gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat nJosua nog in die lewe was, en al die groot werke van die HERE gesien het wat Hy vir Israel gedoen het.
Afrikaans 1983
So lank as Josua geleef het, het die volk die Here gedien. Dit was ook nog so terwyl die leiers geleef het wat vir Josua oorleef het. Hulle het nog al die groot dade beleef wat die Here gedoen het om vir Israel te help.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die volk het die Here gedien gedurende Josua se leeftyd, en ook gedurende die leeftyd van die oudstes wat lank ná Josua nog geleef het, hulle wat al die groot dade van die Here gesien het wat Hy vir Israel gedoen het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Israeliete het die Here gedien terwyl Josua gelewe het en terwyl die leiers ná Josua gelewe het. Hierdie leiers was die mense wat gesien het watter groot dinge die Here vir die Israeliete gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Gedurende Josua se leeftyd het Israel die Here bly dien. Na sy dood het hulle nog voor die Here gebuig solank die leiers, wat alles self ervaar het wat die Here vir Israel gedoen het, geleef het.